Die dag toe ek geskiedenis gemaak het

Iets wat ek vir byna 50 jaar verswyg het, was die gebeure daardie Woensdagmiddag  in 1970 toe ek geskiedenis gemaak het. My stilswye was nie as gevolg van nederigheid oor hierdie uitsonderlike gebeurtenis nie, maar eerder as gevolg van verleentheid oor die manier hóé ek geskiedenis gemaak het. Hier volg my storie … 1970. In Read more…

Oom Vên se liggies

Bultfontein is waarskynlik die laaste Vrystaatse dorp wat elektrisiteit in die sestigerjare gekry het. Daar was altyd opgewondenheid wanneer ek saam met Pa en Ma by die familie op die buurdorp, Brandfort, gaan kuier het. Brandfort het elektrisiteit gehad en die nefies elektriese Scalectrix renmotortjies waarmee ons die ure omgespeel het. Daar was weemoed in Read more…